Terugvoer oor die Massa Inkomstebelasting Registrasie (ITREG) is nou beskikbaar wat werkgewers in staat sal stel om Inkomstebelasting-verwysingsnommers te bekom vir die werknemers wie SARS suksesvol kon registreer met die gebruik van die onlangse Werkgewer Rekonsiliasie Verklaring (EMP501) wat ingedien is. Massa ITREG word twee maal per jaar outomaties na die jaarlikse en interim werkgewer rekonsiliasie tydperke uitgevoer. Wanneer ‘n werkgewer die interim of jaarlikse EMP501 indien, word ‘n massa registrasie proses uitgevoer vir werknemers wat nog nie vir Inkomstebelasting geregistreer is nie. Top Wenk: Massa ITREG vereis dat dieselfde e@syFile™ Employer sagteware databasis onderhou word, wat vir die rekonsiliasie indiening gebruik is. Waar ‘n ander databasis gebruik is, sal werkgewers nie toegang hê tot die Inkomstebelasting-verwysingsnommers van geregistreerde werknemers nie. In so ‘n geval sal die stelsel ‘n boodskap genereer wat jou verwittig dat die sertifikate vir die vorige rekonsiliasie indiening nie gevind kan word nie.
Om toegang tot die Inkomstebelasting-verwysingsnommers te verkry, voltooi die volgende stappe:
Met die voltooiïng van die ITREG deur e@syFile™ Employer, sal SARS terugvoer-kennisgewings stuur na die e@syFile™ Employer “Notification Centre”, wat ‘n opsomming van die resultate van die registrasie aansoeke verskaf. Die resultate kan ook besigtig word op die “View/Edit Employees”-funksie op e@syFile™ Employer waar SARS terugvoer sal verskaf rakende werknemers wat nie geregistreer kon word nie en die rede(s) vir nie-registrasie van hierdie werknemers. Die ITREG resultate kan uitgevoer word na ‘n CSV-lêer wat gebruik kan word om geselekteerde salarisrol toepassings outomaties op te dateer. Hierdie funksie is toeganklik deur “Import/Export Payroll File” te selekteer en dan die “Export”-opsie te selekteer. Vir meer inligting, verwys na ons e@syFile™ Employer-gebruikersgids. Top Wenk: Dit bly die werkgewer se verantwoordelikheid om seker te maak dat die inligting aan SARS verskaf, akkuraat is op die oomblik van indiening. Vir meer inligting oor die proses om werknemers te registreer vir Inkomstebelasting, skakel die SARS-kontaksentrum by 0800 00 (SARS) 7277 of besoek jou naaste SARS-tak.
Disclaimer
All information, content and data on SARS websites and associated facilities, including but not limited to software, hyperlinks and databases, is the property of or licensed to SARS and is protected under applicable South African laws. Unauthorised usage of content and/or information is strictly prohibited. No person, business or web site may reproduce this site, contents, information or any portion thereof.