Visit the national COVID-19 Online Resource and News Portal at www.sacoronavirus.co.za or see SARS COVID-19 news items and tax relief measures here.

TEO – Afrikaans

BELASTINGVRYGESTELDE ORGANISASIES

Nie-winsgewende Organisasies en Belasting

Nie-winsgewende organisasies speel ‘n belangrike rol in die samelewing omdat hulle verantwoordelikheid met die regering deel teenoor die maatskaplike en ontwikkelende behoeftes van die land.  Voorkeurende belastingverwerking is ontwerp om nie-winsgewende organisasies by te staan deur hul finansiële hulpbronne uit te brei.      Die voorkeurende belastingverwerking vir nie-winsgewende organisasies is egter nie outomaties nie en organisasies wat aan die voorvereistes voldoen, soos uiteengesit in die Wet op Inkomstebelasting, 1962, moet vir die vrystelling aansoek doen.  Indien die aansoek om vrystelling deur SARS goedgekeur word, word die organisasie as openbare weldaadsorganisasie (OWO) geregistreer en ‘n unieke OWO-verwysingsnommer aan hul toegeken.   Dit is belangrik om kennis te neem dat ‘n organisasie wat nie-winsgewend gemotiveerd is of as ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO) of nie-winsgewende maatskappy (NWM) geregistreer is, nie outomaties vir voorkeurende belastingverwerking kwalifiseer nie. ‘n Organisasie sal slegs voorkeurende belastingverwerking geniet nadat dit daarvoor aansoek gedoen het en as openbare weldaadsorganisasie (OWO) goedgekeur is deur die Belastingvrystellingseenheid (TEU). 

Wat is ‘n openbare weldaadsorganisasie (PBO)? 

Die voorwaardes en vereistes vir ‘n organisasie om as OWO goedgekeur te word, word uiteengesit in artikel 30 terwyl die reëls wat die voorkeurende belastingverwerking van OWO’s beheer in artikel 10(1)(cN) uitgelê is.  Artikel 10(1)(cN) maak voorsiening vir die vrystelling van normale belasting van bepaalde ontvangste en toevallings van goedgekeurde OWO’s.  Bepaalde ontvangste en toevallings van handels- of sake aktiwiteite sal nietemin belasbaar wees.   Goedgekeurde OWO’s het die voorreg en verantwoordelikheid om openbare fondse te bestee, wat van skenkings of toelae afkomstig is, wat in openbare belang is op ‘n belastingvrye basis. Die skenkings of toelae kan van die algemene publiek of direk of indirek van die Staat verkry wees.  Daarom is dit belangrik dat vrygestelde organisasies hulle fondse verantwoordelik gebruik en alleenlik vir hul gestelde doeleindes, sonder dat enige persoonlike guns daardeur geniet word deur enige persoon, insluitend die stigters en vertrouenspersone.      Goedgekeurde OWO’s moet voortdurend, regdeur hul bestaan, aan die Wet en verwante wetgewing voldoen.  Dit sluit die indiening van jaarlikse inkomstebelastingopgawes op ‘n IT12EI-vorm in.  Die inkomstebelastingopgawe stel die Kommissaris in staat om te bepaal of die goedgekeurde OWO binne die voorgeskrewe beperkings van die toepaslike toegestane goedkeuring bedryf word en om te bepaal of die gedeeltelike belastingbeginsels toegepas moet word op ontvangste en toevallings afkomstig van ‘n handelsaktiwiteit of sake onderneming wat nie vir vrystelling kwalifiseer nie. ‘n Organisasie wat leerlingskappe, beurse en toekennings vir studie, navorsing of onderrig voorsien, moet aan die voorwaardes voldoen soos uiteengesit in Regulasie R.302 (gepubliseer in Staatskoerant Nr. 24941 op 28 Februarie 2003).

Belastingaftrekbare skenkings (Artikel 18A ontvangste)

Die Suid-Afrikaanse regering het ingesien dat sommige organisasies van die publiek se vrygewigheid afhanklik is, en om daardie vrygewigheid aan te moedig, is ‘n belastingaftrekking, vir bepaalde skenkings deur belastingpligtiges, beskikbaar gemaak.   Die paslikheid om belastingaftrekbare kwitansies uit te reik hang van artikel 18A goedkeuring deur die TEU af en is beperk tot bepaalde goedgekeurde organisasies wat die skenkings gebruik om bepaalde goedgekeurde Openbare weldaadsaktiwiteite te befonds.     ‘n Belastingpligtige wat ‘n bona fide skenking in kontant of eiendom in natura tot ‘n artikel 18A-goedgekeurde organisasie maak, is geregtig tot ‘n aftrekking van belasbare inkomste indien die skenking deur die nodige artikel 18A-kwitansie, deur die organisasie uitgereik, gestaaf word of in bepaalde omstandighede, deur ‘n werknemersbelastingsertifikaat wat die skenkings deur die werknemer gemaak aandui.  Die bedrag skenkings wat vir belastingaftrekking kan kwalifiseer is beperk.  

Indiening van IT12EI (Inkomstebelastingopgawe)

Vrygestelde organisasies moet jaarlik ‘n IT12EI inkomstebelastingopgawe indien wat op die volgende wyses bekom kan word:

  • Deur eFiling indien jy ‘n geregistreerde eFiler is;
  • Deur die SARS-kontaksentrum te skakel by 0800 00 7277;
  • Deur jou naaste SARS-tak te besoek; of
  • Deur die Belastingvrystellingseenheid (TEU) te skakel of te besoek

Let wel: Vorms wat van SARS versoek word vir voltooiïng per hand, sal aan die belastingpligtige gepos word met die minimum inligting vooraf voltooi, tesame met ‘n strepieskode. Die opgawe vir maatskappye moet voltooi en ingedien word binne 12 maande van die finansiële jaareinde van die vrygestelde organisasie, maar die opgawes vir trusts of ander entiteite moet jaarliks voltooi en ingedien word teen die sperdatums soos deur SARS aangekondig. Die IT12EI inkomstebelastingopgawe kan op een van die volgende wyses gestuur word:

  • Deur eFiling indien jy ‘n geregistreerde eFiler is; 
  • Dit in die valgleuwe by die SARS-takke te deponeer; of
  • Per pos

Vir hulp met die voltooiïng van die IT12EI-opgawe, kan jy na die Quick Guide – How to complete return on income: Exempt Institutions (IT12EI) verwys.

TEU dienaanbieding

Die TEU is ‘n toegewyde kantoor binne SARS wat alle aansoeke deur nie-winsgewende organisasies, vir goedkeuring as OWO’s, hanteer.  Om wanpraktyk en misbruik te verhoed, monitor die TEU ook OWO’s se nakoming van die goedkeuringsvereistes. Die TEU is ook verantwoordelik vir die aanslagfunksie. Die TEU oorweeg aansoeke vir vrystelling van inkomstebelasting ten opsigte van die volgende bepalings van die Wet op Inkomstebelasting, 1962: –  

10(1)(cN)​Alle Openbare Weldaadsorganisasies (OWO’s) betrokke by aktiwiteite soos crèches, welstand, gesondheid en bewaringskole ​
​Artikel 10(1)(cA)(i)​Instansie, raad of liggaam gestif deur of ingevolge enige wet
​Artikel 10(1)(cA)(ii)​Enige Suid-Afrikaanse maatskappy waarvan al die aandele gehou word deur ‘n liggaam vrygestel ingevolge artikel 10(1)(cA)(i).
​Artikel 10(1)(cO)​Ontspanningsklub
​Artikel 10(1)(d)(iii)​Getrouheids- of Vrywaringsfonds; Vakbond; Sakekamer of -industrië (of ‘n vereniging van sodanige Kamers); Onderlinge Leningsvereniging; Plaaslike Publisiteitsvereniging. 
Artikel 10(1)(d)(iv)(bb) 

​Maatskappy, genootskap of ander vereniging van persone gestig om die gemene belange van persone te bevorder, wat enige bepaalde soort besigheid, beroep of ambag bedryf.
​Artikel 10(1)(e)(i)(cc)​Vereniging van persone gevorm vir die bestuur van die gesamentlike belange wat al die lede in gemeen het ten opsigte van uitgawes van toepassing tot die gemene onroerende eiendom
Artikel 18A:  ​​Goedkeuring vir belastingaftrekbare skenkings

  Die TEU oorweeg NIE vrystellingsaansoeke vir individue, arbeidsmakelaars (IRP30), koöperatiewe, beslote korporasies, spesiale trusts, beheerliggame, aandeleblokmaatskappye, BTW, LBS/WVF/VOH, voordelefondse en begrafnisverenigings.  Vir hulp met enige van hierdie, skakel asseblief die Kontaksentrum by 0800 00 7277. 

Kontakbesonderhede van die Belastingvrystellingseenheid

Fisiese adres: 2nd floor, SARS Pretoria CBD branch,
C/o Lillian Ngoyi and Francis Baard Streets
Pretoria, 0002   Posadres: Posbus 436 Pretoria 0001   Telefoon: 012 483 1700 Faks: 012 483 1701 E-pos:teu@sars.gov.za

Table of Contents

Share this page on:
Facebook
Twitter
LinkedIn
Email
Print