Visit the national COVID-19 Online Resource and News Portal at www.sacoronavirus.co.za or see SARS COVID-19 news items and tax relief measures here.

Merging tax profiles Afrikaans

VOEG AL JOU BELASTINGS SAAM ONDER ‘N ENKELE PROFIEL

Wat is nuut?

12 Oktober 2015 – SARS het vanaf 12 Oktober  2015 stelselveranderinge geïmplementeer wat voorsiening maak vir die geskikte prosessering van registrasies vir Kollektiewe Beleggingskemas (KBS) asook vrywillige BTW-registrasies, wat voorsiening maak vir handelaars wat nog nie die drumpel van R50 000 per jaar belasbare verkope oorskry het nie.  Indien jy jou rekords, volgens die aard van jou entiteite, in een profiel wil saamvleg (merge), verwys na ons Step by Step guide to the Entity Merge Functionality on eFiling – External Guide.

Wat is dit?

‘n Nuwe saamvleg-funksie (merge function) is vanaf 1 November 2014 beskikbaar op eFiling.  Hierdie funksie help individuele belastingpligtiges, Geregistreerde Voorteenwoordigers van entiteite en Belastingpraktisyne om al die belastingsoorte, byvoorbeeld Inkomste – en Werkgewersbelasting asook Doeane en Aksyns, vir elke kliënt/entiteit in een enkele profiel saam te vleg.   Top Wenk: ‘n Verteenwoordiger mag names ‘n belastingpligtige optree in uitsonderlike omstandighede, bv. ‘n ouer namens ‘n minderjarige kind or ‘n eksekuteer namens ‘n boedel.    Die saamvleg van belastingsoorte as ‘n enkele profiel, word slegs een keer gedoen.  Enige nuwe registrasies sal daarna aan die enkel-kliënt/entiteitprofiel gekoppel word.  Die opdatering van geregistreerde besonderhede moet steeds deur middel van die RAV01-vorm gedoen word: How to Complete the Registration Amendments and Verification Form RAV01 – External Guide.

Hoe om die saamvleg-funksie (merge) te aktiveer

Top Wenk: Samevlegging (merging) kan nie deur e@syFile™ gedoen word nie.   Jy moet die saamvlegfunksie eers aktiveer.   Geregistreerde Verteenwoordigers en Belastingpraktisyns moet die saamvlegfunksie (merge function) vir elke kliënt/entiteit op eFiling aktiveer voordat dit gebruik kan word.  Individuele belastingpligtiges sal outomaties geaktiveerd wees.    Die aktivering moet gedoen word:

  • al is jy reeds op eFiling geaktiveer
  • een maal per kliënt, wat jou dan in staat sal stel om alle belastingsoorte saam te vleg en geregistreerde besonderhede op te dateer. 

Aktivering vir Geregistreerde Verteenwoordigers

Stap 1:  Aktiveer die saamvlegfunksie (merge function) op eFiling   Gaan na die organisasie se profiel en klik op “Activate Registered Representative” (Aktiveer Geregistreerde Verteenwoordiger) onder “SARS Registered Details” (SARS Geregistreerde Besonderhede):  

Die Verteenwoordiger Verklaring (“Representative Declaration”) sal verskyn.  Lees dit deeglik deur.  

Stap 2:  Selekteer “I agree” (ek stem saam) en klik dan “Continue” (gaan voort)

Stap 3:  Vul jou belastingverwysingsnommer in onder eFiling “User Details” (gebruikersbesonderhede) en klik “Activate Registered Representative” (Aktiveer Geregistreerde Verteenwoordigeer).Top Wenk: Wanneer die aktivering goedgekeur is, kan regte aan ander gebruikers toegeken word om nuwe registrasies in te dien, hoewel slegs die Geregistreerde Verteenwoordiger die saamvlegfunksie sal kan gebruik. 

Aktivering vir Belastingpraktisyns

Jy sal outomaties toegang tot die saamvlegfunksie (merge function) hê indien jy voorheen jouself as die Geregistreerde Belastingpraktisyn op ‘n kliënt/entiteit se profiel geaktiveer het.

Stap 1:  Gaan na “Services” (Dienste), klik op “My TP Configuration” (My Belastingpraktisyn Groepering) en dan op “Practitioner Activation” (Praktisyn Aktivering)

Die Belastingpraktisyn Verklaring (“Tax Practitioner Declaration”) sal verskyn.  Lees dit deeglik deur.

Stap 2:  Selekteer “I agree” (ek stem saam) en dan “Continue” (gaan voort)

Top Wenk: Wanneer die aktivering goedgekeur is, kan regte aan ander gebruikers toegeken word om die saamvleg-funksie (merge function) te gebruik. 

Voltooi die aktiveringsproses

Alvorens aktivering vir Geregistreerde Verteenwoordigers voltooi kan word, moet die volgende stawende dokumente (relevante materiaal) ingedien word, afhangende die aard van die enititeit:  

Aard van Entiteit​ Kapasiteit​ Aangestel deur​ Stawende document  (relevante materiaal)  vir aanstelling​
Individu​ ​Verteenwoordiger ​n.v.t. ​Identiteitdokument (bv. ID, Paspoort)
Maatskappy​ ​Openbare Offisier ​Raad van Direkteure ​Verteenwoordigersaanstelling
​Trust ​Hoof Trustee ​Raad van Trustees ​Magtigingsbrief
Trustakte
​Regering Publieke Onderneming Staatsonderneming ​Rekenpligtige Beampte ​Staatskoerant ​Verteenwoordigersaanstelling
Politieke Party​ ​Tesourier ​Verteenwoordigersaanstelling
​Klub ​Tesourier ​Komitee ​Verteenwoordigersaanstelling
Vereniging sonder winsoogmerk
Welsynsorganisasie
​Rekenpligtige Beampte ​Verteenwoordigersaanstelling
Vennootskap
Liggaam van persone
​Rekenpligtige Beampte Vennote​ ​Verteenwoordigersaanstelling
Vennootskapsooreenkoms

Top Wenk:  Dit kan tot 21 werksdae neem om dokumente na te gaan en as outentiek te verklaar.  
Die aktivering sal goed- of afgekeur word.

Nog ‘n Top Wenk:  As die aktiveringsaansoek afgekeur is, sal jy ‘n SARS-tak moet besoek om jou te bevestig as Geregistreerde Verteenwoordiger

Wanneer die aktivering goedgekeur is:

  • Sal jy outomaties as die enigste Geregistreerde Verteenwoordiger vir die kliënt/entiteit by SARS op rekord wees.
  • Enige vorige Geregistreerde Verteenwoordigers se toegang sal verlore wees.  ‘n Kennisgewing sal deur eFiling of per e-pos aan hul gestuur word. 

Hoe om die belastingprofiele saam te vleg (merge)

Wanneer die samevlegging (merging) geaktiveer is, selekteer “Merge Entities” (Entiteite Saamvleg) onder “SARS Registered Details” (SARS Geregistreerde Besonderhede):

Jy sal deur ‘n vyf stap-proses gelei word om seker te maak dat al die belastingsoorte aan die korrekte kliënt/entiteit gekoppel is:

Stap 1 – Selekteer die Geregistreerde Verteenwoordiger vir die kliënt/entiteit 

Dit sal slegs op Belastingpraktisyne van toepassing wees.

Top Wenk: Slegs een opsie sal beskikbaar wees vir individuele belastingpligtiges, Maatskappye en Trusts

Die Geregistreerde Verteenwoordiger se besonderhede moet verskaf word en nie die Belastingpraktisyn s’n nie.

‘n Geregistreerde Verteenwoordiger is ‘n persoon wat aangestel is om met volmag namens ‘n ander wetlike regspersoon op te tree en is nie gewoonlik ‘n Belastingpraktisyn nie. 

Top Wenk: ‘n Uitsondering sal, byvoorbeeld, wees waar ‘n Belastingpraktisyn as Openbare Offisier, ens. van ‘n maatskappy aangewys is en ook as Belastingpraktisyn vir ander kliënte werk. 

Die Belastingpraktisyn moet met die kliënt bevestig wie die Geregistreerde Verteenwoordiger moet wees, voordat die seleksie op eFiling gemaak word.

Die Geregistreerde Verteenwoordiger se stawende dokumente (relevante materiaal) moet aan SARS gestuur word.

Wanneer die aktivering goedgekeur is:

  • Sal die Geregistreerde Verteenwoordiger outomaties as die enigste Geregistreerde Verteenwoordiger vir die kliënt/entiteit by SARS op rekord wees.
  • Enige vorige Geregistreerde Verteenwoordigers se toegang sal verlore wees.  ‘n Kennisgewing sal deur eFiling of per e-pos aan hul gestuur word. 

Stap 2 – Hoofrekords

Selekteer die hoofentiteit-registrasie waaraan al die ander registrasies gekoppel sal word bv. Inkomstebelasting waaraan BTW gekoppel sal word. 

Top Wenk: Die mees opgedateerde rekord moet gebruik word.


Stap 3 – Addisionele rekords

Voeg alle ander belastingsoorte by wat met die kliënt/entiteit gekoppel moet wees.

Top Wenk: Voltooi al die verpligte inligting wat in rooi aangedui word.

Stap 4 – Nagaan

Gaan na of al die inligting korrek is, voor die versoek aan SARS gestuur word.  Maak seker dat al die kliënt se inligting, belastingverwysingsnommers, ens. voltooi is. 

Stap 5 – Indiening 

Voltooi die verklaring en stuur die versoek aan SARS.  

Top Wenk: Besoek ‘n SARS-tak indien ‘n verkeerde belastingverwysingsnommer aan ‘n kliënt/entiteit se profiel gekoppel is.  Dit kan nie op eFiling herstel word nie.   Vir meer inligting, verwys na die Step by step guide on how to the Entity Merge functionality on eFiling-handleiding op eFiling.

Benodig jy hulp?

• Besoek jou naaste SARS-tak. • Skakel die SARS-kontaksentrum by 0800 00 SARS (7277).

Table of Contents

Share this page on:
Facebook
Twitter
LinkedIn
Email
Print